Opposisieleier

Die opposisieleier is die leier van die grootste politieke party wat nie in die regering verteenwoordig is nie. Die opposisieleier vervul verskillende rolle in verskillende lande, maar word algemeen as direkte teenstander van die staatshoof gesien. Die persoon stel dikwels 'n skadukabinet saam, bestaande uit ministers wat die persoon sou kies as sy party aan bewind kom. In seker statebondslande dra die persoon die titel van "Haar Majesteit se Lojale opposisie".


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search